Elke dag Mandela-dag

Recent Posts
Categories
Archives
Published On: 15 Jul 2022Categories: Articles, Fundraising

Mandela-dag word jaarliks op 18 Julie gevier, ter viering van oudpresident Nelson Mandela wat op hierdie dag verjaar het. Wêreldwyd vier mense hierdie dag deur 67-minute van diens te lewer, of ‘n bydrae te maak wat ‘n positiewe verskil in iemand se lewe of die gemeenskap maak.

By die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) is elke dag egter Mandela-dag. As nie-winsgewende organisasie is ons deurlopend afhanklik van bydraes en ondersteuning uit die gemeenskap om ‘n positiewe verskil in die lewens van ons Dowe begunstigdes te kan maak. Ons is dankbaar vir oop hande en harte wat soveel meer as 67-minute gee en vir seëninge in oorvloed elke dag.

Een van ons grootste behoeftes hierdie Mandela-dag, maar ook elke ander dag, is die versorging van ons bejaarde en meervoudig-gestremde Dowe inwoners by NID Sorg. Hierdie inwoners benodig daaglikse spesiale sorg en verskeie van hulle het nie ondersteuning van enige familie of vriende nie. NID is hulle tuiste en moet voorsien in hulle mees basiese behoeftes soos voedselvoorsiening, toiletware en versorging.

Hoe kan jy help?

  • Skenk ‘n toiletware-pakkie ten bate van ‘n Dowe inwoner by NID. Die lysie sluit in benodighede soos tandepasta, seep, shampoo, toiletpapier en ‘n paar ander noodsaaklikhede. E-pos na fr.nid@nid.org.za en ons stuur vir jou die volledige behoefte-lys. Mandela-dag pakkies kan teen 29 Julie ingehandig word, maar enige bydraes is ook welkom regdeur die jaar.
  • Skenk jou tweedehandse klere, boeke, kombuisware en enige ander huishoudelike items aan ons NID Fabulous Finds liefdadigheidswinkel. Hierdie items word weer teen billike pryse aan die gemeenskap verkoop en fondse word aangewend vir NID Sorg. Jou tweedehandse items kan ‘n eersteklas verskil in hulle lewens maak.
  • Indien jy sou verkies om ‘n finansiële bydrae te maak, kan jy ook EFT na ons bankrekening met verwysing MD (jou naam en van). Stuur asseblief bewys van betaling na fr.nid@nid.org.za. – Rekeningnaam: NID Ontwikkeling / Bank: Absa Worcester / Rekeningnommer: 911 845 2209

Vir meer inligting oor enige van die bogenoemde projekte, WhatsApp na 071 375 1426 of e-pos na fr.nid@nid.org.za. Enige skenkings kan afgelaai word by die NID Hoofkantoor, De la Batweg 30, Worcester.

Byvoorbaat baie dankie vir elke Mandela-dag bydrae, en elke ander-dag bydrae wat ‘n verskil maak in die lewens van ons Dowes en persone met gehoorverlies by NID. Jy is kosbaar en ons is dankbaar.